Image
Image
Seniorburgers van die VEK Sinoville, Lighuis Gemeente
Lighuis – Ankers
Onder beskerming van die Dames van die Gemeente
Onder leiding van Arauna Briedenhann

Enige iemand bo 55jr word hartlik uitgenooi om aan te sluit by die Seniors van die Lighuis Gemeente. Al is net een van ‘n egpaar bo 55jr, is altwee baie welkom.

Bymekaarkom tye: 2 Keer pm ± elke 2de en 4de Donderdag.
Tyd: Om 10:00
Waar: By die Kerk, in die saal tensy anders gereël.

Wat doen ons:
a) Kuier en gesels oor ‘n koppie koffie of tee / sing heerlik saam.
b) Uitstappies, bv. ontbyt, koffie of tee met koek, ens. deur Klub.
c) Midweek kuier, 1 keer p/j (Altyd ‘n wenner).
d) Besoek ander Gemeentes se Seniors, of hulle besoek ons.
e) Bring en braai, 2 keer p/j.
f) Stokperdjie oggende.
g) Nagmaal 2 keer p/j.
h) Vrugtefees 1 keer p/j.
i) Uitstappies waar elkeen self betaal.
j) Lentedag - gesels plante ens.
k) Besprekings van vrae uit die Bybel.
l) Kry somtyds Mediese persone om te kom gesels.
m) Hou ook talent oggende.
n) Bybelse ete, aantrek van Bybelse klere, en nog vele meer.

Daar is werklik ‘n gevoel van omgee onder die Senior Burgers. Wanneer probleme ondervind word, is daar altyd een wat help. Daar is ook ondervind dat nadat die Seniors van die Wegbreek week af terugkom, daar hegter vriendskapsbande gesluit is. Die Seniors besoek mekaar ook graag buite bymekaarkom tye. Daar was ook ‘n keer ‘n huwelik, onder die Seniors voltrek tydens ‘n byeenkoms. Die Seniors het ook die voorreg om een Sondag in ‘n jaar ‘n diens aan te bied.

Die Senior Burgers staan onder die bestuur van ‘n volwaardige Komitee bestaande uit:
Beskermvrou, Voorsitter, Tesourier, Sekretaresse en plus minus 3 lede.

Daar word kwartaalliks Komitee vergaderings gehou waartydens ‘n jaarprogram uitgewerk word en besprekings gehou word wat die Senior Burgers Byeenkomste aangaan.

Kom kyk wat ons doen. Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.