SELGROEPE

Daar is verskeie selgroepe wat funksioneer in die gemeente. Byeenkomste vind plaas op Woensdae om 19H00. Die fokus van selgroepe is om sorgselle te wees waar die belange van mense op die hart gedra word. Sluit gerus aan by 'n selgroep naby aan u om u op te bou en te versterk.
Die volgende selgroepe is aktief:

Woordwerkers Sel
Die Woordwerkers ondersoek temas en onderwerpe wat ontstaan uit jou belewenis as Kind van God. Dit vind plaas by die kerk en dit word aangebied deur Pastoor Louw Briedenhann. Die Woordwerkers werk deur die Woord en die Woord werk in en deur hulle.
Kambium Sel
Die Kambium Selgroep kom elke Woensdag om 19h00 by die kerk bymekaar. Die Kambium is die groeilaag tussen die bas van 'n boom en die stam van die boom. Ons leuse is dan ook groei in Christus totdat Christus in julle 'n gestalte kry. Afgelei uit Galasiërs 4:19.
Hier gee ons om vir mekaar en elkeen se Woord gevundeerde opinie tel. Ons behandel aktuele sake van die dag wat God se kinders se lewens beinvloed en groei saam om die gestalte van Christus in ons lewens te openbaar.
Die Kambium selgroep staan onder die bekwame leierskap van broer Kobus van Jaarsveld


Jeugsel
Die Jeug selgroep teiken die jong jeug van die gemeente. Byeenkomste is weekliks op die kerk perseel. Die Jeug sel word bedien deur Pastoor Steven Muller.
Stuur gerus u kinders na hierdie dinamiese groep wat na hulle geestelike belange omsien.
Jong Volwassenes Sel
Die Jong Volwassenes Selgroep kom weekliks bymekaar by die kerk en word aangebied deur broer Renier le Roux. Hierdie groep ondersoek aktuele sake en uitdagings wat aan hulle gestel word aan die hand van die Woord van God.


Mountain View Sel
In Mountain View het ons broer Johan Watkins se selgroep, waar hulle Bybelstudie hou en mekaar met liefde bedien asook vir mekaar bid en ondersteun.
Dames Bybelstudie
Die Dames Bybelstudie groep word aangebied deur Suster Heyla Briedenhann. Hierdie byeenkoms vind plaas Woensdag oggende om 9H30 by die kerk waar hulle bymekaar kom om die Woord te ondersoek.
