Image
Image

Die Kampeerders is 'n groep gemeentelede wat 'n passie het vir die Here en ook vir die natuur as die Skepping van Sy Hande.

Die groep kamp nagenoeg vier keer per jaar oor 'n naweek by verskillende kampterreine binne gemaklike reikafstand vanaf Pretoria.

Tydens die kampe word daar lekker saam gesels, gekuier, gebraai en gesmul as kinders van die Here

'n Hoogtepunt van elke kamp is die kampdiens wat op die Sondag oggend van die naweek aangebied word in die varsheid en prag van die natuur.

As u 'n kampeerder in murg en been is, is u welkom om by ons aan te sluit en verkwik te word na liggaam en gees.

Die Kampeerders word saamgeroep onder die leierskap van broer Greg Seierlein.