Image

Sedert 1977 is hierdie pinkster gemeente ‘n landmerk in die Sinoville/Magalieskruin omgewing.

Nie net alleen ‘n landmerk in die gemeenskap nie, maar ook ‘n lighuis vir soekende en rigtinglose siele in Pretoria. Dit is hier waar deur jare heen, talle mense ‘n diepe ondervinding met die Here gehad het, deurdat hulle hier die wedergeboorte, vervulling met die Heilige Gees, die doop deur enkelvoudige onderdompeling en ‘n kragtige aanraking van die Heilige Gees gehad het.

Steeds is daar ruimte en toegang vir gebrokenes van hart, geestelik soekendes en liggaamlik krankes.

Ons is ‘n gemeente wat gebou is op die Waarheid van die Woord, wat die sterk fondament is vir ons prediking en bediening.

Hier vind jy twee keer op ‘n Sondag dienste asook Selgroep, Jeug, Kinderkerk, Dames Bybelstudie en ander gemeentelike mid-week byeenkomste.

ONS VISIE IS: TRANSFORMASIE

  • Van verlore tot Godskind.
  • Van kragteloosheid tot bemagtiging.
  • Van Woord-los tot Woordvaardig.
  • Van eensaam en alleen tot behoort.
  • Van onvervuld tot Geesvervuld.

DIE SPAN

Image

Pastoor Louw Briedenhann is die presiderende pastoor by die V.E.K. Sinoville Gemeente sedert 2001

Pastoor Louw en sy gade suster Heyla Briedenhann bedien die gemeente in hulle kapasiteit as die hoof herderspaar

Image
Image

Pastoor Steven en sy gade Carolee Müller. Hy bedien die gemeente in die kapasiteit van Jeug en Assistent pastoor.

KERKRAAD

Image
Image
Image
Pastoor Steven Müller (Assistent Pastoor)
Br. Freddy van Eeden (Visie-Voorsitter)
Br. Johnny Fourie
Image
Image
Image
Br. Koot Snyman
Br. Johan Watkins (Sekretaris)
Br. Neels Brits
Image
Image
Image
Br. Etienne Roux (Tesourier)
Br. Theo Botha
Br. Alex von Landsberg

ONS LEERSTELLINGS

Image

DIE LIDMATE VAN DIE KERK AANVAAR DIE VOLGENDE LEERSTELLINGS EN GLO DAARIN, SOOS HIER KORTLIKS WEERGEGEE:

  • Die Goddelike inspirasie van die Heilige Skrif – die Bybel.
  • Een God, ewigdurend bestaande in Drie Persone – Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Die Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria, gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand van die Vader as Middelaar sit.
  • Die duiwel of Satan, ‘n werklike persoonlikheid, oorspronklik ‘n geskape engelewese wat as gevolg van sy oortreding uit die teenwoordigheid van God gewerp is en nou die vyand van God, die mens en elke ware gelowige is.
  • Sonde, die val van die mens, en sy verlore toestand van nature.
  • Bekering tot God.
  • Wedergeboorte of die nuwe geboorte, en die doop van die gelowige deur die Heilige Gees in die liggaam van Christus.
  • Versoening van die mens met God.
  • Verlossing deur die bloed van Christus.
  • Regverdigmaking deur die geloof in Jesus Christus.
  • Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling.
  • Restitusie.
  • Die gelowige se belydenis van sonde.
  • Heiligmaking en heiligheid.
  • Die inwoning van die Heilige Gees in die gelowige.
  • Die doop van die gelowige in die Heilige Gees deur die verrese en verheerlikte Christus, as synde die belofte van die Vader vir die aandoening met krag vir getuienis en diens.
  • Die aanvanklike Skriftuurlike bewys van die gelowige se doop in/met die Heilige Gees as die liggaamlike teken van spraak in ander tale soos die Heilige Gees aan die gelowige uiting gee.
  • Die negevoudige vrug van die Heilige Gees in die lewe van elke wedergebore gelowige.
  • Die negevoudige openbaarmaking van die Heilige Gees en die volle Pinkstertoebedeling van die gelowige met die geestelike gawes vir dienslewering.
  • Skriftuurlike genesing van die liggaam deur Goddelike krag.
  • Avondmaal (nagmaal).
  • Die Kerk as die “geroepe gemeenskap” van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus.
  • Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om Sy verrese en veranderde Kerk in die lug te ontmoet.
  • Die Groot Verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling.
  • Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddellik ná die Groot Verdrukking.
  • Die nuwe hemel en die nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
  • Die ewige straf van die goddelose.